Bou van ‘n legendariese brug
Nog ‘n story uit die De Mozaik tydskrif propvol stories en fotos what die Weskus seëvier!
Deur Jaco Coetzee Foto: Jaco Coetzee
Brug – konstruksie oor ‘n rivier, ‘n pad, en dies meer, om vervoer te dra. [H.A.T.]
Ek en my tydgenote het grootgeword met só ‘n konstruksie wat De Brug genoem is. Die provinsiale padpredikant op die N7, dui dit as ‘die brug‘ aan.
Daar is egter drie brûe in die omgewing. En nou wonder ek: Na watter een, wat waar geplaas is, word met dié ná padteken verwys?
Soos iets in die lewe wat nie behoorlik geboekstaaf is nie, het daardie iets baie stertjies – elkeen wat iets daarvan weet, voeg met die oorvertel nog iets daarby. De Brug is geen uitsondering nie.
Gedurende die 1850’s is ‘n staalbrug in Brittanje gebou.
Sommige beweer dit was in Skotland. Die brug is op bestelling vir ‘n rivier in Australië gebou.
Dit was ‘n 110m-lange staalkonstruksie, kompleet met relings en ruimte vir voetgangers aan albei kante. Die brug is op ‘n boot gelaai en na Australië verskeep.
Op pad na Kaapstad het ‘n lekkasie aan boord ontstaan en die skip moes by die Kaapse hawe aandoen vir herstelwerk.
Om die herstelwerk te doen moes die brug van die skip afgelaai word.
Gelukkig was daar op daardie tydstip ‘n ander skip in die hawe met ‘n hyskraan aan boord wat kon help met die aflaai van die brug.
Daar word beweer dat die brug in drie dele afgelaai is. Nadat die herstelwerk gedoen is, was die skip met die hyskraan op, al vort.
Na vele probeerslae kon die hawepersoneel nie weer die brug, drie dele of te not, op die herstelde skip gelaai kry nie.
Die kaptein van die vervoerskip het voor sy vertrek na Australië die drie-dele-brug aan die Sentrale Padraad verkoop en die brug het sy lê op die hawemuur voortgelê.
Ons praat nou van die 1850’s, die bloeitydperk vir die sinchronisering en bou van paaie, brûe en passe in die destydse kolonie.
Die ontwikkeling van Kaapse paaie het stukrag gekry met die stigting van die Sentrale Raad van Kommissarisse van Publieke Paaie en Afdelingspadrade in 1843.
Kortliks praat ons van die Sentrale Padraad. Eersgenoemde was verbind tot hoofpaaie en laasgenoemde tot minder belangrike paaie.
So is binne 15 jaar passe soos Bainskloof, Houwhoek en Piekenierskloof gebou.
In 1855 is die afdelingsrade ingestel. Hulle het die afdelingspaaie onderhou.
Die Sentrale Padraad is in 1858 afgeskaf en die koloniale regering het die onderhoud en aanlê van hoofpaaie onderneem. In 1864 is die onderhoud van hoofpaaie aan die afdelingsrade oorgedra.
Die hoofroete noord het toe van Malmesbury/Piketberg geloop met die Bergrivier wat dwars in die weg was.
Die Bergrivier het destyds die Noorde van die Suide geskei.
Daar was driwwe soos Misverstand en Bridgetown om deur die Bergrivier te kom.
Met vloede was daar egter geen deurkomkans by die driwwe in die Bergrivier nie.
By Bridgetown was ook ‘n pont waarmee mens en dier oor die rivier vervoer kon word, maar dit het ook later weggespoel en is nie vervang nie.
Om die vervoerprobleem oor die Bergrivier te oorkom, is begin om brûe daaroor te bou.
Die eerste brug oor die Bergrivier was die Lady Lochbrug, in 1853 gebou, buite Wellington. Die brug was ‘n 100m-houtkonstruksie wat deel was van die Bainskloofskema.
Die hout is later met staal vervang en die staalbrug is die eerste in Suid-Afrika wat met plaaslikvervaardigde staal gebou is.
Die volgende was die Lady Greybrug in die Paarl. Aanvanklik was dit ook ‘n houtkonstruksie. Die Lady Greybrug is in 1858 geopen. Die Franschoekbrug is die volgende jaar, in 1859, oor die Bergrivier geopen.
Intussen het die ysterbrug in die Kaapse hawe, aandag gekry en ‘n plek is gesoek om dit te plaas.
Piketberg het intussen betoog vir ‘n direkte roete na Malmesbury en Moorreesburg.
‘n Perfekte oorsteekplek is gevind op die plaas, Vondeling, en die brugbouery oor die Bergrivier het begin met die onderbou van sandsteen, wat nie in dié geweste voorkom nie. Daar word beweer dat dit van Klawer afkomstig was.
Hoe dit ook al sy, dit is daar. Dit is boonop meesterlike bouwerk en die 110m-lange staalbrug met relings, rus vandag nog daarop. De Brug is in Desember 1862 voltooi.
De Brug word vandag nie meer algemeen gebruik nie, want die moderne N7 kruis die Bergrivier met ‘n ewe moderne betonbrug, ‘n paar kilometer stroomaf.
‘n Paar kilometer stroomop is weer die Goudabrug wat ook oor die Bergrivier lê. De Brug word hoofsaaklik deur die omliggende boere gebruik.
De Brug is en sal altyd ‘n unieke brug wees.
* Soos alreeds gemeld, is dit die eerste staalbrug oor ‘n rivier in Suid-Afrika
*Dit is nooit soos die vroeëre houtbrûe vervang nie.
*Dit is vanaf 1862 nog ononderbroke in diens van die Suid-Afrikaanse publiek.
*Dit het tot nou toe klaargekom met minimale onderhoud. Dit is laas in 1933 opgeknap en is vandag nog so geskik vir vervoer soos dit op die eerste dag van gebruik was.
*Dit het verskillende halfronde, kontinente en oseane oorkruis om sy lê tussen Malmesbury en Piketberg, oor die Bergrivier, te kry.
* ‘n Geslag voor myne het van die wabrug gepraat. Vandag weet min van ons hoe ‘n werklike ossewa met sy span rooies voor lyk. So het die tyd verander, maar De Brug lê sy lê ongeag voort.
Bronne:
Jose Burman: Waters of the Western Cape
- Oberholster en P. van Breda; Paarlvallei 1687-1987
Die Burger; Artikel
Die Administrasie van Kaapland 1910-1960
Get your FREE copy of De Mozaik at your nearest tourism office, the Vredenberg Weskus Mall info desk, Spar and Pick n Pay.
Call: 022 487 3221
West Coast Way is a unique collection of themed routes that can be enjoyed by locals and visitors when they do an adventure-filled Cape West Coast self-drive trip for a day trip or a West Coast Holiday. The new West Coast Way “basket” of free routes on offer include the West Coast Way Tractor Route, the West Coast Way Berg Route, the West Coast Way Foodie Route, the West Coast Way Cultural Route – as well as the newly launched West Coast Way Wild Route, all of which are designed to showcase the many attractions and activities that are already on offer on the Cape West Coast and inland areas – but may be unknown to many. For more information on West Coast Way, the other routes on offer, and the list of 101 Things to Do on the West Coast visit www.westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777. Connect with West Coast Way on Facebook and Twitter at WestCoastWaySA.