Date: 15 December
Time: 19:00
Location: Evita se Perron, Darling
Contact: +27 (0)22 492 3930 | [email protected]
Description:
Blomtrein bestaan uit Jan Blohm en Neil Nachtrein en stel September 2016 hulle debut album, Blomtrein, bekend.
Die album bestaan uit 10 akoestiese rock snitte, alles oorspronklike musiek en lirieke deur Jan Blohm en Neil Nachtrein. Dit is eg Jan Blohm styl, maar ook uniek en besonders met die toevoeging van Neil Nachtrein. Die album is opgeneem te Manley Studios in Pretoria.
Speellys :
Charlie
Plekke waar ons eens was
Sondagaand
My beminde
Dawid
Rodeo
Jy moet weet
Bere my
Wie dan nie?
Halleluja Cybill
Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2002 het sy musiek begin aftrek kry en in 2004 het sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, verskyn. Sedertdien het Jan verskeie albums die lig laat sien wat groot treffers opgelewer het. Jan het verskeie toekennings vir sy werk ontvang , soos in 2005 drie GMT-Toekennings vir ‘Album van die Jaar’, ‘Liedjie van die Jaar’ vir Breyten se brief en ‘Beste Nuweling’ van dieselfde jaar aangewys, asook verskeie Huisgenoot Tempo Toekennings, SAMA Toekennings en Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings.
Jan Blohm is spitsvondig en selfs satiries, met komiese stekies wat mildelik uitgedeel word.
Neil Nachtrein is ‘n musiekdiamant van Fouriesburg in die Oos-Vrystaat. Neil het ‘n eiesoortige, unieke musiekstyl, eenkant van die hoofstroommusiek en droom hy oor meer geleenthede waar juis sy musiek sal inpas en waardeer word.
Dit is onvermydelik dat Jan Blohm en Neil Nachtrein ‘n ideale kombinasie is. Hulle tree reeds sedert 2015 saam op en het reeds tientalle gehore regoor die land bekoor. Ongetwyfeld twee kunstenaars wat inspirasie ontlok.
“…this train is bound for glory…” – Woody Guthrie