Find Piekenierskloof op die Weskuspad

Written by blogger, Anje Rautenbach of VroetelVoete

Welkom by Piekenierskloof Mountain Resort

Tussen Eendekuil en Citrusdal pronk die Piekenierskloofpas met Carmien Tea rooibosplantasies, unieke padstalle en een van sy mooiste mensgemaakte gesigte: die Piekenierskloof Mountain Resort.

As jy die kaart van Suid-Afrika onder ’n vergrootglas sit spring die Weskus-spikkels vinnig na vore en nog voor die menigte vissersdorpies jou oog vang besef jy hierdie spikkels lê wyer as slegs bokkoms, blomme en bote.

Om elke hoek en draai is daar ’n ongerepte stukkie aarde met ’n mengelmoes van kultuur. Die natuurwonders slaan jou asem weg, landskappe van berg tot see groet jou langs die pad en avonture wag jou geesdriftig in.

IMG_3114

Die beste manier om die diversiteit van die Weskus-spikkels te ontdek is om voet in die hoek te sit en een, twee of sommer al vier van die West Coast Way se roetes te verken. So waar soos sout op bokkoms, daar was nog nooit ‘n makliker manier om die beste van die Weste te geniet nie en met hierdie roetes gaan daar geen krieseltjie van die Weskus verlore nie.

Loer na die roetes…

West Coast Way Is South Africa’s Road Trip With The Most Twists

Explore the Cape West Coast by planning a self-drive trip or book a guided tour for a nature and adventure-filled Cape West Coast holiday.

Road-Trip-Southern-Africa-West-Coast-Way-Routes Find a 101+ things to see and do on the West Coast Way: Enjoy wine, craft beer, olives and Rooibos tea tastings, Weskus cuisine and braaivleis (barbecue), swing into Citrusdal with a zipline, go Cederberg bouldering, jump into natural (warm) pools, step onto cruises of lagoons and rivers, trek through nature reserves and a National Park, hop onto game drives, try the skill of archery and angling, get your adrenaline pumping with sand-boarding and quad-biking, go horse riding, learn about the San culture and Riel-dancing, do kite- and windsurfing, chill in your flip flops and do surfing, book a kayaking trip, go beach hopping, learn about bees, whales and listen to our birds in a twitcher’s paradise – all in South Africa’s wildflower reserve. For more information on the West Coast’s top places to go, road tripping, hikes, tours and trails, explore westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777.  Follow us on @WestCoastWaySA on Instagram, Facebook and Twitter.

Vir ’n egte Suid-Afrikaanse kultuur-inspuiting volg die West Coast Way Culture Route (Kultuuroete) wat jou vinnig-vinnig uit die stad sal lei met die R27; hierdie roete sal jou vat van Melkbos tot Mamre tot geskiedenis, staaltjies en meer. Een van die nuwe roetes, die West Coast Way Tractor Route, vat jou deur die Weskus se prentjiemooi landskappe en sluit aan by die liplekker West Coast Way Foodie Route wat seker maak jy ervaar die Weskus happie vir happie; van kreefbraai tot boerekos. Nog ’n nuwe roete is die West Coast Way Berg Route wat jou neem deur berge en dale, passe en valleie.

IMG_3141

Die West Coast Way Berg Route is maklik en vinnig bereikbaar as jy die N7 uit die stad volg. Hierdie sirkelroete kronkel langs die koringlande, deur die berge en verby die vrugteboorde tot by Elandsbaai en Dwarskersbos waar visserskuitjies rustig op die water dobber. In die middel van die Bergroete is Aurora geleë wat beskou word as die middelpunt van die heelal nadat Abbé Nicolas de le Caille ’n sterrewag opgerig het in die 18de eeu. Maar sterrekyk is nie al wat Aurora bied nie, hierdie dorp spog ook met ’n hele paar bekende restaurante, Sandveldblomme asook ’n pragtige kerk.

Tussen Eendekuil en Citrusdal pronk die Piekenierskloofpas met rooibosplantasies, unieke padstalle en een van sy mooiste mensgemaakte gesigte: die Piekenierskloof Mountain Resort.

Piekenierskloof

Piekenierskloof Bergoord

Die Piekenierskloof Bergoord lê knus in die arms van die Olifantsriviervallei en is ’n vinnige japtrap 2-ure rit van die Kaap af wat dit die ideale wegbreek maak vir Kapenaars, die lang pad reisigers, families, konferensie- en besigheidsbesoekers asook Cederberg-avontuursoekers.

Lees ‘n bietjie meer hier

Written by blogger, Anje Rautenbach of VroetelVoete, read the rest of her adventure here

West Coast Way Is South Africa’s Road Trip With The Most Twists

Explore the Cape West Coast by planning a self-drive trip or book a guided tour for a nature and adventure-filled Cape West Coast holiday.

Road-Trip-Southern-Africa-West-Coast-Way-Routes Find a 101+ things to see and do on the West Coast Way: Enjoy wine, craft beer, olives and Rooibos tea tastings, Weskus cuisine and braaivleis (barbecue), swing into Citrusdal with a zipline, go Cederberg bouldering, jump into natural (warm) pools, step onto cruises of lagoons and rivers, trek through nature reserves and a National Park, hop onto game drives, try the skill of archery and angling, get your adrenaline pumping with sand-boarding and quad-biking, go horse riding, learn about the San culture and Riel-dancing, do kite- and windsurfing, chill in your flip flops and do surfing, book a kayaking trip, go beach hopping, learn about bees, whales and listen to our birds in a twitcher’s paradise – all in South Africa’s wildflower reserve. For more information on the West Coast’s top places to go, road tripping, hikes, tours and trails, explore westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777.  Follow us on @WestCoastWaySA on Instagram, Facebook and Twitter.

Take the road less travelled in the West Coast Way

For more information on West Coast Way Routes and the list of 101+ Things To See And Do in the Cape West Coast, visit our eventspage. Choose to go on a self-guided adventure drive by following the routes, or book an air-conditioned trip to top West Coast attractions in South Africa.

    Book Tour

    Name (required)

    Contact Number (required)

    Email Address (required)

    Select a Tour