Sweef oor Moeder Aarde – De Mozaik

Sweef oor Moeder Aarde – De Mozaik

Dit is soos jy sê mes.

Dan is dit die mees salige doodse stilte met ‘n hemelse blik op moeder aarde wat mens jou seker kan voorstel. Bykans onbeskryflik, skryf Johan Viljoen.

Daar, op seker 4000 plus voet (want dit is die eenheid waarin dié lugduikmense praat) is daar niks, absoluut niks, tussen jou en die skone Swartland-landskap nie. Vry soos ‘n voël. Die lappieskombers van graanlande, heuwels, Kasteelberg, ‘n klompie damme, opstalle, paaie en Malmesbury.

Bietjie verder – as jy rondkyk – sien jy Tafelberg en die Weskussee, Darling, Moorreesburg en ook bergreeks op bergreeks.

Ja, gelukkig het jy die rugsteun van ‘n meer as ervare instrukteur wat alles vir jou doen. Letterlik op jou rug beheer hierdie instrukteur als.

Van die aanvanklike valtyd met die kleiner valskermpie om jul so effe te briek (al val jy steeds teen ‘n asembenemende spoed) tot die ingrypende ontplooiing van die groot skerm vir daardie saligheid om neer te daal, tot die neem van perfekte lugfoto’s en materiaal wat hulle vir jou van jou tandemsprong vasvang.

Wel, dit is ‘n ondervinding wat die uwe nooit sou droom om te doen nie, tot die dag wat Mike Rumble van die Mother City-valskermklub buite Malmesbury hom so effe onkant betrap het.

Mother City Skydiving het ‘n ervare en professionele span met baie ure in die lug en duisende spronge op hul kerfstok. Hulle neem daagliks talle besoekers op ‘n ongewone lugreis die blou hemel in, vir ‘n besondere ervaring en blik op dié pragtige streek.

Met veiligheid natuurlik – maar ook sigbaar – hul heel eerste prioriteit, kan en HET hierdie lugkliewers al baie unieke ervaringe in en vanuit die lug beleef.

Hulle kan haarfyn beplan en vir reklamedoeleides, of vir ‘n filmskoot, perfek op ‘n klein area soos die dak van ‘n gebou land, of ‘n ring of bottel sjampanje uit die lug aflewer vir ‘n spesiale geleentheid.Sweef oor Moeder Aarde Sweef oor Moeder Aarde Sweef oor Moeder Aarde Sweef oor Moeder Aarde Sweef oor Moeder Aarde

Mother City Skydiving se valskermmeesters beheer natuurlik die spoed waarteen hul moeder aarde nader of waarteen hulle in spesiale vliegpakke vlieg.

Dié lug-akrobate kan met hul toertjies hulself maneuver in die beste posisies en dikwels as ekstra fotograaf om en onder jou sirkel vir ekstra asemrowende beeldmateriaal.

Die lug-akrobate doen ook valskermvertonings regoor die streek en kan met spesiale permitte ook by gekose geleenthede tandemvertonings lewer met bekendes.

Dié klub het op Malmesbury al die Swartland se uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, en onlangs die bekende TV-persoonlikheid en sanger Pietman Geldenhuys, by die plaaslike landbouskou “afgelewer”. Duisende toeriste van oor die wêreld besoek die Swartland omdat dié unieke ervaring op hul tieklysie is. Daar is verskeie pakette beskikbaar om jou besondere een-keer-in-‘n-leeftyd-ervaring mee te maak.

Besoek Mother City Skydiving gerus of gaan loer op hul webwerf https://www.mothercityskydiving.co.za , hul sosiale media-bladsye of skakel/whatsapp 079 337 2443.

*Daar is net een probleem. Wees gewaarsku. Heel dikwels byt die vlieggogga en word hierdie een afmerk op jou lysie sommer ‘n heel paar keer om weer en weer en nog ‘n keer daardie salige en hemelse te ervaar.

Get your FREE copy of De Mozaik at your nearest tourism office, the Vredenberg Weskus Mall info desk, Spar and Pick n Pay.

Call: 022 487 3221Sweef oor Moeder Aarde

West Coast Way is Your Route To Nature

West Coast Way is your ultimate gateway to experiencing the natural beauty and cultural richness of the Cape West Coast of South Africa. As a premium tourism brand, we offer six uniquely themed trip plans that promise an unforgettable journey: Cape, Culture, Foodie, Tractor, Berg, and Wild.

Road-Trip-Southern-Africa-West-Coast-Way-Routes Discover over 101 incredible things to see and do with West Coast Way: Savour the delights of wine, craft beer, olives, and Rooibos tea tastings. Indulge in authentic Weskus cuisine and the traditional braaivleis (barbecue). Feel the thrill of swinging into Citrusdal on a zipline or challenge yourself with Cederberg bouldering. Rejuvenate in natural warm pools and embark on serene cruises across lagoons and rivers. Explore the diverse landscapes of nature reserves and a National Park, or embark on exciting game drives. Hone your skills in archery and angling, or amp up the excitement with sandboarding and quad-biking. Enjoy horse riding, immerse yourself in the unique San culture, and experience the vibrant Riel dancing. For water sports enthusiasts, kite- and windsurfing, surfing, and kayaking trips await. Go beach hopping, learn about bees and whales, and delight in birdwatching in a twitcher’s paradise – all within South Africa’s renowned wildflower reserve. For more information on the best places to visit on the West Coast, road tripping routes, hikes, tours, and trails, explore westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777.  Follow us on  on Instagram, Facebook, X and LinkedIn @WestCoastWaySA.

West Coast Way is a unique collection of themed routes that can be enjoyed by locals and visitors when they do an adventure-filled Cape West Coast self-drive trip for a day trip or a West Coast Holiday. The new West Coast Way “basket” of free routes on offer include the West Coast Way Tractor Route, the West Coast Way Berg Route, the West Coast Way Foodie Route, the West Coast Way Cultural Route – as well as the newly launched West Coast Way Wild Route, all of which are designed to showcase the many attractions and activities that are already on offer on the Cape West Coast and inland areas – but may be unknown to many. For more information on West Coast Way, the other routes on offer, and the list of 101 Things to Do on the West Coast visit www.westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777. Connect with West Coast Way on Facebook and Twitter at WestCoastWaySA.

SaveSaveSaveSaveSaveSave

    Book Tour

    Name (required)

    Contact Number (required)

    Email Address (required)

    Select a Tour