Uys Gesels Oor 21 Jaar Op Darling – De Mozaik Magazine

Uys Gesels Oor 21 Jaar Op Darling: Ek sê altyd vir die wêreld, I use the F word to fight fear and the F word is FUN.Uys Gesels Oor 21 Jaar Op Darling

Só vertel Pieter-Dirk Uys, legende en ikoon van Suid-Afrika wat pret na mense wil bring deur middel van sy teater op Darling. Die teater en restaurant, Evita se Perron – die tuiste van die gewildste “blanke vrou in Suid-Afrika”, Tannie Evita Bezuidenhout, vier vanjaar sy 21 jaar op Darling.

Pieter-Dirk Uys het in 1995 op Darling aangekom. Hy was eintlik op pad na McGregor, maar het daardie afdraai gemis. Hy bestel toe ‘n schnitzel by ZumSchatzi en ontmoet vir Dale Gremels wat sy vertoning die vorige week by die Baxter-teater gesien het. Sy besluit net daar om hom meer van dié dorp te wys. ’n Verlate Victoriaanse huis met houthortjies wat oop staan, vang sy oog. Die huis is net daar vanuit sy motor gekoop en hy groet Darling ure later met ‘n vol maag en as die eienaar van ‘n leë gebou.

Slegs plaaslike inwoners was betrokke by die opknapping van sy huis. Onder hulle was ‘n bo-
baas-timmerman wat die restourasie van sy huis se hortjies behartig het.

Toe hy uiteindelik na Darling verhuis, kom Uys te hore van die ou stasiegebou in Arcadiastraat wat leeg staan. Die stasie het sy deure in 1970 gesluit. Sedertdien het verskeie mense die gebou om verskeie redes gebruik, soos die einste timmerman wat uiteindelik weer vort is. Uys is gevra of hy die gebou wouhuur as ‘n stoor. “Ek het natuurlik al Evita se skoene en nonsens. Ek het dadelik ja gesê, anders sou die munisipaliteit dit wou afbreek. Ek staan toe langs die spoor en ’n groot trein kom verby. Toe dink ek skielik aan Evita Peron van Argentinië. Evita se perron – Evita se stasieplatform.”

Die idee van sy eie teater het reeds lank tevore plek in sy verbeelding gekry. Hy maak dadelik planne in sy kop om ‘n klein verhogie in “daardie” kamertjie waar ongeveer tien tafels en stoele sal inpas, te bou. Hier sal daar elke Sondag ‘n vertoning plaasvind. “En dit is waar dit begin het.

“Mense het vir my gesê ek is mal om ‘n teater op Darling te open. Maar mal is goed. Dit beteken mense het nog nie daaraan gedink nie. As een mens in daardie eerste jaar hier aangedoen het, was ek bly, as twee mense gekom het, was ek nog blyer.”

Volgens Uys is die naam van dié dorp ‘n bonus. Hy is al baie gevra of hy die naam gegee het. Hy lag: “Darling is Darling, maar is ook Engels vir skattie. En ek sê altyd ons is in die Swartland. The only part of South Africa honest enough to call a spade a spade.”

Dit verbaas hom nog daagliks dat inwoners van die streek nog nooit van Evita se Perron gehoor het nie. Hy nooi mense uit om die teater-restaurant te besoek en hulself te geniet. Mense moet kom.Jy het nie ‘n paspoort nodig nie, net ‘n Visa-kaart. Met elke besoek wag daar iets nuuts. Die teater kan nou 100 mense huisves. Daar word ook vertonings in die oorspronklike kleiner teater aangebied. Bejaarde inwoners kom ook vir die afgelope 15 jaar een keer per maand fliek kyk en natuurlik ‘n groot muffin eet, voeg hy by. “Mense dink steeds die treine wat verby Evita se Perron beweeg, is ‘n sound effect. Dit is vir my belangrik om te luister na wat mense wil hê om hulle lewens plesierig te maak.”

Sy gunsteling-besoeker was die voormalige minister van gesondheid, Manto Chabalala Msiman.

“I just want to welcome the minister of health and ask you a question. My grandchildren want me to know from you, does HIV lead to AIDS. “Evita no, don’t bring politics into the show, en toe loop sy.

“Pik Botha en Piet Koornhof was ook al hier.”

Pieter-Dirk Uys is besig om aan ‘n nuwe boek te werk.

“Ek werk altyd aan ses dinge gelyk. In die politiek verander dinge natuurlik ook die heeltyd,” voeg hy by.

Besoekers stop soms ook net vir die Perron Katte, Ginger en Merilyn van die plaaslike DBV, wat soos koninklikes behandel word.

“Merilyn het gehang op die draad en geskree, vat vir my, vat vir my. Hulle mag dan nie in die teater kom nie. As hulle vir die katte kom, sien hulle die shows.” Hulle het ook deur die katte, die kinders van die gemeenskap bewus gemaak van troeteldiere en diereregte.

“Ons sê altyd diere word ook deur die grondwet beskerm. Jy skop nie ‘n dier nie.” Op Madibadag neem Tannie Evita die kinders na die DBV om vir 67 minute aandag aan die katjies te gee.

Uys sê as kind het sy pa hom altyd belet om blomme te pluk as hulle na die Weskus kom.

“Pieter jy pluk nie ‘n blom nie. Die blom wat jy pluk het ‘n pa en ‘n ma,” en hy onthou dit vandag steeds.

Uys Gesels Oor 21 Jaar Op DarlingSedert Evita se Perron sy deure in 1996 op Darling geopen het, is daar soveel nuwe entrepreneurs wat op dié skat van ‘n dorp kom nes skrop het, vertel Uys. Daar is die biermense, die toffiemense, mense wat olywe maak en kunstenaars wat hier ingetrek het. Daar is ‘n aantrekkingskrag vir mense om hierheen te kom. Hy vertel ook van jong mense wat 20 jaar gelede saam met Evita se Perron begin het.

“Hulle is nou 20 jaar ouer en hulle het nou kinders, so dit is ‘n nuwe generasie wat kom.  Dit is vir my belangrik om te onthou dat, al is ons hier vir 23 jaar as ‘n demokrasie, daar nog ontsaglik baie dinge is wat ons moet doen om mense te laat tuis voel in die demokrasie en om saam sports te maak, te dans en te sing en te lag vir ons vrees. Dit is ‘n baie goeie manier om vorentoe te gaan.”

Die Perron bestaan ook nie net uit die teater nie. Daar is die eksentrieke kunstuin, bekend as Boerassic Park. Hy vertel graag van die museum wat groot belangstelling lok. “Die Noseum. Dit is vir my altyd baie interessant om te luister as ‘n klein meisie van ses vir haar ouma vra, ‘Ouma wat beteken Slegs Blankes?’ Dan moet ouma vir die eerste keer in haar lewe uitwerk wat dit beteken, want dit was nie nodig om daaroor te dink nie.”

Hy moes al aan talle jongmense verduidelik wat presies die term Apartheid beteken.

“En die gevaar is dat dit baie stupid was, want baie mense is dood. Maar nog erger, mense se harte het gaan staan en hulle hoop het verdwyn. So die F-woord is baie belangrik.”

Nie net die tuin is vol politieke ikone, beelde en simbole wat ‘n bietjie humor aan die dag gee nie, maar so ook die teater vol portrette, foto’s en ou kunswerke. Hy beskou dit as ‘n “klomp nonsens” wat tog waarde dra.

Die kabaretteater wat in 1997 aangebou is, se mure het leeg gestaan. In sy motorhuis was daar ‘n klomp items waarmee hy grootgeword het en hy het besluit om dit daar op te hang. “Jy sien dit vir R20 in ‘n winkel en dink dit is ‘n goeie raam, maar dit is ook geskiedenis en deel van jou lewe. Ek het gedink dit is net tydelik, maar dit is steeds hier en dit werk.

“Baie mense onthou byvoorbeeld, dit lyk soos die huis waarin hulle grootgeword het.”

En die kosbaarste item?

“Pfff, wat is kosbaar?”

Hy sonder wel die portret (van Nelson Mandela en Tannie Evita saam) wat Mandela vir hom geteken het, uit.

Dit lui: To a wonderful lady.

“Hy was  baie mal oor haar. Evita, where’s Evita,” maak hy die ikoon na.  Uys het ook al verskeie toekennings gewen. Hy stal dit nie uit nie, maar wys wel ‘n paar op versoek. Die res is in ‘n boks iewers.

“Ek is dankbaar, maar dink daar is so baie ander mense daar buite wat net so hard werk en die erkenning nodig het.”

Sy vertonings is meestal in Engels. “Die helfte van die besoekers wat kom, is toeriste,” vertel Uys. “Tannie Evita praat Afrikaans, maar sy vra altyd wie nie Afrikaans verstaan nie. Die hande gaan op en sy kan vra van waar hulle kom. ‘I’m from England,‘ en dan kan jy op die Brexit-road gaan. En vir die Amerikaners kan daar gesê word, ‘We went to America. Dr Verwoerd sent us there in 1956 to study your Indian reservation system on which we can base our black homeland policy.’ Dan mors jy rond met almal se wêreld en lag lekker saam.”

Uys vertel Evita is ‘n lekker karakter om te vertolk, want sy kom van ver en sy is al vir meer as 35 jaar in die meeste mense se lewens. “En nou is sy ook lid van die ANC en hulle verdien haar. Sy kan lekker mors met mense se vooroordeel – en vrees en viesheid. Mense is die moer in en dit maak mense siek. Dit moet jy uit jou lyf uit kry.” Evita was laas in 1999 in die parlement. Uys skryf egter gedurig briewe aan die Speaker namens Tannie Evita.

“Sy het onlangs aan haar geskryf: Madam Speaker, let me just explain wat secret ballot means. If it’s successful, then you will be president, so bring your hairdresser and keep him close to you always. En dan kry ek soms ‘n klein boodskappie terug.”

Hy sê sou Cyril Ramaphosa president word, gaan Evita bietjie saam met hom jol daar by die parlement.

Tannie Evita vier haar jare op Darling met ‘n gratis realiteitsprogram, asook ander onderhoude, Evita’s Free Speech op YouTube. Daar is ook ‘n skakel op die Perron se webwerf.

Uys geniet dit wanneer mense hom vertel van besoekers wat besluit om Darling toe te gaan en boonop daaroor te lag. “Ons gaan vir tannie Evita sien, maar sy bestaan nie. O ja, sy bestaan nie, maar sy bestaan, dan lag hulle weer. Hulle ry 80km om ‘n vrou te sien wat nie bestaan nie. Dit is in sig self belaglik en wonderlik. As hulle hier kom, verkyk hulle hulle aan alles, Die Hendrik Verwoerd-lampie, die standbeeld van Cecil John Rhodes en Boerassic Park. So dadelik begin mense giggel en lag. As hulle hier weg ry, voel hulle beter. En dan is daar boonop ook ‘n show.”

Uys glo nie in aftrede nie.

“As ek eendag in my rolstoel is, rol ek af na Evita se Perron,” skerts hy. Hy dink aftrede is ‘n baie giftige ding. Dit moet ‘n demokratiese keuse wees. Hy ken baie mense wie se lewens versuur is na hul energie geknip is.

Hy neem ook nooit vakansie nie. Maar vanaf 16 Desember tot einde Januarie is dit die tyd wat hy homself toelaat om wyn te drink. “Ek mag nie siek word as ek werk nie en glo nie daaraan om vertonings te kanselleer nie.”

Hy moes onlangs in ‘n landwye toer 60 vertonings doen. “Almal om my het griep gehad en ek sê net vir my lyf, jy kan nie nou nie.

“Almal wat hard werk, moet ‘n potlood vat en een dag in jou dagboek doodkrap. En hou daardie dag oop vir wanneer jy dit nodig kry, want somtyds kan ons nie meer nie. Later skuld jy jouself ‘n week en wie kan ‘n week vat.

“Ons is bietjie agtelosig met ons lywe. Volgens hom is hy nog hopeloos te jonk om dood te gaan, maar as Uys iets sou kon agterlaat, is dit die bewustheid dat enigiets moontlik is. Dit is nie net ek wat dit kan doen nie. Dit vat net baie harde werk en niks gebeur vinnig nie.”

Soms met hul talentkompetisies is daar 400 mense wat opdaag uit die kontrei en kleintjies wat saam met die katte op die banke slaap. “Almal moet weet dat as jou kind wil sing en dans en Klavier speel, dit moontlik is.

Behalwe vir die Darling Trust (waarvan hy die stigter is) wat die minder bevoorregte gemeenskap bemagtig en die 70 “goggatjies” by die Little Darlings-skool, lê opvoeding van vandag se jeug hom na aan die hart. Hy wil graag nog baie meer by skole betrokke raak. Evita se Perron bied reeds 67 Minutes aan met die basiese riglyne van die lewe soos hoe om ‘n rekening by ‘n bank te open. Hy wil ook graag aandklasse aanbied in taal of rekenaartegnologie. “Niemand kan ‘n werk kry sonder rekenaarvaardigheid nie. En tale is so belangrik.” Volgens hom moet kinders van vandag ‘n plaaslike swart taal aanleer. Só ook lees. Die grootste probleem is maar befondsing. Tannie Evita was onlangs by ‘n fondinsamelingsgeleentheid by die Mount Nelson-hotel vir die Darling Trust. Sy noem dit die Mount Nelson Mandela Hotel.

Uys sê sy wens vir Evita se Perron, is vir die trein om terug te kom. “Die stoomtrein het gekom en tannie Evita het besoekers met die kinders op die platform verwelkom. Hy het as jong man in die vloot op Saldanhabaai die bussie met ‘n naweekpas na Darling gevat, waar hulle die lekkerste vleispasteie by die ou stasiegebou gekoop het. Hy het tóé nooit gedink die platform sou sy tuiste word nie.

Get your FREE copy of De Mozaik Magazine at your nearest tourism office, the Vredenberg Weskus Mall info desk, Spar and Pick n Pay.

Call: 022 487 3221Sweef oor Moeder Aarde

West Coast Way is Your Route To Nature

West Coast Way is your ultimate gateway to experiencing the natural beauty and cultural richness of the Cape West Coast of South Africa. As a premium tourism brand, we offer six uniquely themed trip plans that promise an unforgettable journey: Cape, Culture, Foodie, Tractor, Berg, and Wild.

Road-Trip-Southern-Africa-West-Coast-Way-Routes Discover over 101 incredible things to see and do with West Coast Way: Savour the delights of wine, craft beer, olives, and Rooibos tea tastings. Indulge in authentic Weskus cuisine and the traditional braaivleis (barbecue). Feel the thrill of swinging into Citrusdal on a zipline or challenge yourself with Cederberg bouldering. Rejuvenate in natural warm pools and embark on serene cruises across lagoons and rivers. Explore the diverse landscapes of nature reserves and a National Park, or embark on exciting game drives. Hone your skills in archery and angling, or amp up the excitement with sandboarding and quad-biking. Enjoy horse riding, immerse yourself in the unique San culture, and experience the vibrant Riel dancing. For water sports enthusiasts, kite- and windsurfing, surfing, and kayaking trips await. Go beach hopping, learn about bees and whales, and delight in birdwatching in a twitcher’s paradise – all within South Africa’s renowned wildflower reserve. For more information on the best places to visit on the West Coast, road tripping routes, hikes, tours, and trails, explore westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777.  Follow us on  on Instagram, Facebook, X and LinkedIn @WestCoastWaySA.

West Coast Way is a unique collection of themed routes that can be enjoyed by locals and visitors when they do an adventure-filled Cape West Coast self-drive trip for a day trip or a West Coast Holiday. The new West Coast Way “basket” of free routes on offer include the West Coast Way Scenic Route, the West Coast Way Berg Route, the West Coast Way Foodie Route, the West Coast Way Cultural Route – as well as the newly launched West Coast Way Wild Route, all of which are designed to showcase the many attractions and activities that are already on offer on the Cape West Coast and inland areas – but may be unknown to many. For more information on West Coast Way, the other routes on offer, and the list of 101 Things to Do on the West Coast visit www.westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777. Connect with West Coast Way on Facebook and Twitter at WestCoastWaySA.

SaveSaveSaveSaveSaveSave

    Book Tour

    Name (required)

    Contact Number (required)

    Email Address (required)

    Select a Tour