Darling in volle blom

Deur Charlotte Lesch (de moZáik)

Foto’s: Silver Dune Photography

Die Darling Veldblomskou vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar met ʼn spesiale eeufeesviering, aangebied deur die langstaande Darling Veldblomvereniging.

Vind Darling op die West Coast Way Culture Route en Scenic Route

Dié vereniging bestaan al vir meer as ʼn eeu, ná Frederick Duckitt van Waylands en Suzanne Malan van “Die Pastorie” besluit het dat die wonderlike erfenis van veldblomme met ander gedeel móét word.

Die ontstaan van die eerste veldblom-vereniging is gevolg deur die eerste skou wat in 1917 gehou is.

Hoewel daar reeds ‘n blommeskou deur ene Ds. Luckoff in die destydse CFJ-saal gehou is, was dit Suzanne Malan wat die gewildheid van die skou laat aanjaag het.

Sedertdien is die veldblomskou ‘n jaarlikse instelling.

Die eerste skou van 1917 het ‘n kompetisie-formaat aangeneem en pryse is aan uitstallers toegeken.

Darling in volle blom

Die eerste kommitee

Saam met dié skou is middagetes bedien, ‘n basaar aangebied en kinders kon ook deel in die pret wat deur plaaslike onderwysers moontlik gemaak is.

Die veldblomskou vier ʼn belangrike deel van die Kaapse fynboskoninkryk, wat bestaan uit renosterveld, rietveld, sandveld en strandveld, waar altesaam meer as 1200 verskillende blomspesies gevind kan word.

Vanjaar se uitstalling sal fokus op die Darling Veldblomvereniging se ontwikkeling oor die afgelope 100 jaar, asook die herbariumprojek.

ʼn Verskeidenheid van aktiwiteite vir jonk en oud sal vanjaar skougangers se aandag lok.

Kaartjies sluit toegang tot die landskapsaal waar blomme uit die streek in hulle natuurlike habitat uitgebeeld word, ʼn orgidie-uitstalling deur Orchid Creations by Trisha, ʼn kunsvlyt en gourmet kosmark, ʼn uitstalling van veteraantrekkers en -motors, ʼn vermaaklikheidstent met gratis musiek deur plaaslike kunstenaars soos Klassik, Nedine Blom en Petra Mans en ʼn gratis rit op ʼn trekkerwa om die ongerepte vleiland by Oude Post – wat gewoonlik vir die publiek gesluit is, in.

Dit beloof om ‘n spesiale gebeurtenis te wees.

Die skou bied ook veilige parkering en boonop gratis WiFi-internettoegang deur Fox Wireless.

Skougangers kan ook uitsien na ʼn verskeidenheid van werkwinkels. Professor Peter Linder is aan die stuur van twee van dié werksessies.

“Riete van die Sandveld”, waarvan een in die veld aangebied word en die ander wat by die Darling-klub sal plaasvind.

Prof. Linder besoek Suid-Afrika vanuit Zürich, in Duitsland vir dié werksessies.

Karen Moyle van Flowers on the The Stoep se werkswinkel “Tussie Mussie” vind op 16 en 17 September om 10:00 tot 11:00 plaas teen R300pp. Daar is slegs ruimte vir 10 persone per sessie.

!Khwa ttu bied ook ‘n werkwinkel aan oor fynbos en die verband tussen dié plante en tradisionele San-kultuur en -erfenis.

Kinders en families is welkom. Besoekers kan ook die Vrydag gaan luister na die verteenwoordigers van Simply Bee wat gesels oor bye en hoe belangrik dit is om hulle te bewaar.

As die lus vir reis jou tydens die Darling Veldblomskou pak, sluit aan by die heen-en-weer-diens wat Darling sal verken en by interessante bakens soos die Darling-museum, Evita se Perron, Duckitt Nurseries en die renosterveldreservaat sal aandoen.

Die meer as 100 kos- en kunsvlytstalletjies gaan beslis jou smaakkliere en lus vir inkopies prikkel. Vir die jongspan wag ʼn naweek vol pret in die speelpark-area, met alles van gesigverf tot pretritte op die agenda. Volwassenes kan ontspan in die mini-wynroete- en biertent.

Toegangsgeld tot die Darling Veldblomskou maak dit vir die Darling Veldblomvereniging moontlik om die bedreigde blomkoninkryk vir die toekoms te bewaar.

So kom kuier saam by die eeufeesviering van die Darling Veldblomskou en maak ʼn belangrike bydrae.Darling in volle blom Darling in volle blom Darling in volle blom

Die skou skop op 14 September by die Darling-gholfklub af en sal duur tot Sondag.

Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za. Groepafslag is op aansoek beskikbaar.

Die kostes vir volwassenes beloop R60 en vir leerders en pensionarisse (slegs Donderdag en Vrydag) , R40. Kinders 13 jaar en jonger, ontvang gratis toegang tot die skou.

Vir meer inligting, kan Michelle Linder by

072 178 5744, 084 916 1111 of

[email protected] gekontak word.Darling Wildflower Show 2017

Get your FREE copy of De Mozaik at your nearest tourism office, the Vredenberg Weskus Mall info desk, Spar and Pick n Pay.

Call: 022 487 3221

West Coast Way is Your Route To Nature

West Coast Way is your ultimate gateway to experiencing the natural beauty and cultural richness of the Cape West Coast of South Africa. As a premium tourism brand, we offer six uniquely themed trip plans that promise an unforgettable journey: Cape, Culture, Foodie, Tractor, Berg, and Wild.

Road-Trip-Southern-Africa-West-Coast-Way-Routes Discover over 101 incredible things to see and do with West Coast Way: Savour the delights of wine, craft beer, olives, and Rooibos tea tastings. Indulge in authentic Weskus cuisine and the traditional braaivleis (barbecue). Feel the thrill of swinging into Citrusdal on a zipline or challenge yourself with Cederberg bouldering. Rejuvenate in natural warm pools and embark on serene cruises across lagoons and rivers. Explore the diverse landscapes of nature reserves and a National Park, or embark on exciting game drives. Hone your skills in archery and angling, or amp up the excitement with sandboarding and quad-biking. Enjoy horse riding, immerse yourself in the unique San culture, and experience the vibrant Riel dancing. For water sports enthusiasts, kite- and windsurfing, surfing, and kayaking trips await. Go beach hopping, learn about bees and whales, and delight in birdwatching in a twitcher’s paradise – all within South Africa’s renowned wildflower reserve. For more information on the best places to visit on the West Coast, road tripping routes, hikes, tours, and trails, explore westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777.  Follow us on  on Instagram, Facebook, X and LinkedIn @WestCoastWaySA.

West Coast Way is a unique collection of themed routes that can be enjoyed by locals and visitors when they do an adventure-filled Cape West Coast self-drive trip for a day trip or a West Coast Holiday. The new West Coast Way “basket” of free routes on offer include the West Coast Way Tractor Route, the West Coast Way Berg Route, the West Coast Way Foodie Route, the West Coast Way Cultural Route – as well as the newly launched West Coast Way Wild Route, all of which are designed to showcase the many attractions and activities that are already on offer on the Cape West Coast and inland areas – but may be unknown to many. For more information on West Coast Way, the other routes on offer, and the list of 101 Things to Do on the West Coast visit www.westcoastway.co.za or call West Coast Way on 0861 321 777. Connect with West Coast Way on Facebook and Twitter at WestCoastWaySA.

SaveSaveSaveSaveSaveSave

    Book Tour

    Name (required)

    Contact Number (required)

    Email Address (required)

    Select a Tour