Bokkoms en Blomme In Lambertsbaai: 28–30 Augustus 2026
Bokkoms en Blomme is veel meer as net ‘n fees – dit is ‘n viering van die Weskus se mense, kultuur, musiek, natuurskoon en unieke kulinêre tradisies. Van asemrowende veldblomme en die ikoniese bokkoms van Lambertsbaai tot bekroonde kunstenaars en unieke begeleide toere, bied hierdie naweek iets besonders vir elke besoeker.

Met ‘n heerlike naweek propvol Kuns en Kultuur en uitsonderlike verhoog produksieste deur top klas plaaslike kunstenaars soos Rocco de Villiers, Jak de Priester, Hannes van Wyk, Louis Loock, Cobus Snyman en Johan Liebenberg om na uittesien, beloof dit om ‘n fees vir siel en gees te wees. Kom geniet Bokkombrood, kroketjies en pattees met ‘n kinkel, musiek, kuns, veldblomme, bokkoms en egte Weskus gasvryheid.

WEN ‘n WESKUS HAMPER!
Geniet ontbyt by @alle_dingen, volg @westcoastwondersza op Instagram en tag hulle in jou plasing om in aanmerking te kom om ‘n ongelooflike Weskus-hamper, propvol plaaslike produkte en bederfies, te wen!
Kom ervaar die kleur, geur en warmte van die Weskus en maak deel van Blommes en Blomme 2026 – waar musiek, blomme, bokkoms en gasvryheid saamvloei in ‘n onvergeetlike feeservaring.
Nog op soek na verblyf? Kontak West Coast Wonders of Lambert’s Bay Tourism vir laaste-minuut akkommodasie en toerisme-inligting.
Naweek pakkette beskikbaar. Vir meer inligting kontak 082 920 3444 | [email protected] of koop kaartjies direk op: https://opentickets.co.za/event/01kwvgtez8gwv9ssrctqsa3s3r
Bokkoms en Blomme 2026 Program:

VRYDAG | 28 AUGUSTUS 2026
10:00 | Mad Hatter
Aankondiging van die wenners van die Kunskompetisie
Ingesluit:
- Koffie en muffin
Kaartjieprys: R120 per persoon
12:00 | Sandveld Museum
Blommetoer
Ingesluit:
- Roestyd piekniekpakkie
Kaartjieprys: R250 per persoon
15:00 | Sandveld Museum
Voëleiland-toer
Ingesluit:
- Isabella’s “Cocktail”
Kaartjieprys: R160 per persoon
16:00 | Ocean View Pavilion
Jak de Priester
Ingesluit:
- Alle Dinge se bokkombrood
- Twee bokkompatés
- ‘n Kinkel
Kaartjieprys: R290 per persoon
19:00 | Grootvlei – Oppiduin
Rocco de Villiers
Ingesluit:
- Bokkomkroketjies
- Aioli
- Plaasbrood
- Bokkombotter
Kaartjieprys: R320 per persoon
SATERDAG | 29 AUGUSTUS 2026

10:00 | Grootvlei – Oppiduin
Johan Liebenberg – Neil Diamond
Ingesluit:
- Bokkomkroketjies
- Aioli
- Plaasbrood
- Bokkombotter
Kaartjieprys: R260 per persoon
11:00 | Ocean View Pavilion
Rocco de Villiers
Ingesluit:
- Alle Dinge se bokkombrood
- Twee bokkompatés
- ‘n Kinkel
Kaartjieprys: R320 per persoon
12:00 | Sandveld Museum
Blommetoer
Ingesluit:
- Roestyd piekniekpakkie
Kaartjieprys: R250 per persoon
15:00 | Sandveld Museum
Voëleiland-toer
Ingesluit:
- Isabella’s “Cocktail”
Kaartjieprys: R160 per persoon
16:00 | Ocean View Pavilion
Louis Loock
Ingesluit:
- Alle Dinge se bokkombrood
- Twee bokkompatés
- ‘n Kinkel
Kaartjieprys: R290 per persoon
19:00 | Grootvlei – Oppiduin
Jak de Priester
Ingesluit:
- Bokkomkroketjies
- Aioli
- Plaasbrood
- Bokkombotter
Kaartjieprys: R290 per persoon
SONDAG | 30 AUGUSTUS 2026

11:30 | Ocean View Pavilion
Hannes van Wyk – Sielskos
Ingesluit:
- Alle Dinge se bokkombrood
- Twee bokkompatés
- ‘n Kinkel
Kaartjieprys: R320 per persoon
13:00 | Grootvlei – Oppiduin
Louis Loock & Cobus Snyman
“Klassiek ontmoet Pop”
Ingesluit:
- Bokkomkroketjies
- Aioli
- Plaasbrood
- Bokkombotter
Kaartjieprys: R350 per persoon
Vir Meer Inligting
Lambert’s Bay Tourism
Afstand vanaf Kaapstad: 280 km
Waar: 5 Medical Centre, Main Road, Lambertsbaai
Oop: Ma–Vr 09:00–13:00 & 14:00–17:00 Sat 09:00–12:00
Kontak: (t) +27 (0)27 432 1000 [email protected] www.lambertsbay.co.za
West Coast Wonders
Afstand vanaf Kaapstad: 280 km
Waar: Lambertsbaai en Steenbokfontein
Oop: 7 dae per week
Kontak: +27 (0)83 458 1575 [email protected] www.westcoastwonders.co.za
Eagle’s Nest
Afstand vanaf Kaapstad: 280 km
Waar: 117 Voortrekker St, Lambert’s Bay, 8130
Kontak: +27 (0)83 458 1575





