Written by blogger, Anje Rautenbach of Going Somewhere Slowly
Voor my lê die blou arms van die Atlantiese Oseaan uitgestrek terwyl die branders saggies “Welkom hier” uitspoel op die wit sand.
Ek is op die foon met ‘n dame van Club Mykonos besig om ‘n vinnige reisplain uit te werk vir my kuier in Langebaan, maar val skoon oor my eie woorde soos die vreedsaamheid my insluk.
“Jammer”, sê ek vir haar toe ek vir die soveelste keer haar naam vergeet, “maar die rustigheid is oorweldigend”.
“Dit is die Weskus. Welkom”.
Dit is die Weskus – vier woorde – self-verduidelikend, voldoende en waar.
Club Mykonos in Langebaan
Club Mykonos is ongeveer ‘n uur en ‘n koffiestop van die Moederstad en geleë op West Coast Way roetes wat die Wekuslandskappe en liplekker disse beklemtoon, die Tractor Route en die Foodie Route; naby genoeg vir ‘n kort en vinnige uitspan en ontsnap, maar steeds ver genoeg dat dit voel soos ‘n ordentlike wegbreek in ‘n ander omgewing.
Soos die lae van ‘n ‘sherbet gevulde’ suigstokkie proe jy die lekker van Club Mykonos; elke lek is ‘n nuwe ontdekking, elke smaak is uniek.
Hier vind jy ‘n stukkie van Griekeland, ‘n dorpie geklee in wit teen die heuwel met gangetjies hier en trappies daar terwyl die helder kleure van vensterhortjies troon in blou, geel en groen. Die selfsorgeenhede is huislik; kompleet met kombuis, sitkamer en braaiarea, en dan natuurlik, die balkon waar die skoene uitgeskop word terwyl jy die turkoois water van die stille Atlantiese Oseaan jou nader wink.
Nog ‘n suigstokkie-lagie; nog ‘n kleur, nog ‘n smaak.
Kinders skaterlag soos hul van die branders weg hardloop, op die gras speel tieners ‘n rondte skaak op die massiewe buitebaan, ‘n paartjie stap hand-aan-hand romanties langs die strand, iemand bokkombraai hulself in die son en in die verte is daar ‘n vrolike bohaai by die swembad met speletjies, musiek en uitdagings vir oud en jonk. Bote rits op en af en terwyl ander dobberend lê in die marina, zoem ‘n jetski verby wat wit branderstrepe agterna los.
Nog ‘n suigstokkie-lagie; nog ‘n kleur, nog ‘n smaak.
Die restaurante in en om Club Mykonos sê, “kom honger” en spyskaarte spog met Weskusdisse tot Mediterreense happies, die een plek so uniek soos die ander met ‘n enig-in-hul-soort tipe uitsig en atmosfeer van Bouzouki Restaurant tot Boesmanland Plaaskombuis waar die meermin al vir jare wag hou, Marc’s Beach Bar wat op die strand geleë en dan is daar ook natuurlik die casino se Black Pearl restaurant.
Nog ‘n suigstokkie-lagie; nog ‘n kleur, nog ‘n smaak.
En dan, net voor die nag inskop met al sy vermaaklikhede, sak die son en die Weskusglorie en –prag staar jou reguit in die oë; wolke baljaar in oranje strepe, ‘n seëvoel in vlug kwê neffens jou oor en op die horison sak die dag in ‘n oogwink weg voor die hemelruim begin ophelder met skitterende spikkels.
Dit is rustig.
Dit is stil.
Dit is die Weskus.
En dit is genoeg.
Mykonos Langebaan se Doendinge
Koel af in die see of die swembad.
Toets jou geluk by die casino.
Jaag resies met ‘n aftandbeheerde karretjie.
Gaan op ‘n Segway Toer.
Geniet die uitsig oor die see vanaf ‘n vierwiel-motorfiets.
Bederf jouself met ‘n spa-behandeling.
Vaar op die see met Elite Charters.
Koop ‘n ietsie vir die klerekas.
Gaan ‘n bietjie verder
Club Mykonos is perfek geleë om as ‘n basis te dien vir ‘n Weskus-ontdekking en daar is meer as net ‘n handjievol dinge om te doen wat jy binne 20-60 minute kan bereik per motor.
Besoek gerus !Khwa Ttu San, Weskus Nasionale Park, Darling (van Darling Brew tot Darling Sweet), Weskus Fossiel Park, Thali Thali Game Lodge en Mamre.
Located on the West Coast Way Tractor & Foodie Route:
Club Mykonos resort is a family friendly Mediterranean gateway to endless fun in the sun. When searching for accommodation in Langebaan Club Mykonos allows you to choose from 3 diverse self-catering accommodation products consisting of 361 luxurious Kalivas (apartments), with stunning views of the Langebaan lagoon and a host of things to do. Wet your water wings with activities ranging from fishing trips to wet bike rides to a relaxing cruise. While the kids enjoy a fun day out with Chester the Donkey and the bubbly staff at Club Onos, indulge yourself at the Health & Leisure Centre or play a round of Mini Golf. Fancy your luck? Dance with Lady Luck at the casino and then dance and dine the night away at any number of restaurants and bars across the resort. Sample the beauty of Langebaan on the West Coast, with the best of Mediterranean hospitality.
Accommodation • Restaurant • Conferencing • Child Friendly • Water & Land Activities • Spa • Casino
Open 7 days a week | Booking Essential
Where: R27, Mykonos Access Road, Langebaan
Contact: +27 (0) 22 707 7000 | [email protected] | www.clubmykonos.co.za
Explore Langebaan Lagoon from Club Mykonos with Elite Charters:
The perfect complement to your holiday with a complete water sport package; leisurely Yacht Cruises on a 39ft Catamaran that can accommodate 40 guests or for the more adventurous try the Rubberduck, Fishing Charters or Wetbikes. Tailored Charters and Overnight trips and Fishing Trips can be booked for team building events, private events and weddings.
• Daily Cruises • Tailored Charters • Over Night Trips • Special Events • Private Parties • Year End Functions • Team Building • Island Trips • Weddings • Adventure Rides
Open 7 days a week | Booking Essential
Where: R27, inside Club Mykonos, Langebaan
Contact: +27 (0)72 702 9919 | [email protected] | www.elitecharters.co.za
Take the road less travelled in the West Coast Way
For more information on West Coast Way Routes and the list of 101+ Things To See And Do in the Cape West Coast, visit our eventspage. Choose to go on a self-guided adventure drive by following the routes, or book an air-conditioned trip to top West Coast attractions in South Africa.